KYK: Greyhound-bus slaan aan die brand

Deel hierdie storie / Share this story

Sowat 25 passasiers moes Donderdagoggend skarrel om uit ‘n Greyhound-bus te ontkom wat aan die brand geslaan het.

Die bus, wat van Johannesburg op pad na Durban was, het glo in Vereeniging aan die brand geslaan nadat die enjin ontplof het.

Die bestuurder van die bus kon die bagasie betyds uit die bus kry voordat die vlamme begin versprei het.

Volgens News24 het ‘n watertenkwa wat verby die brandende bus gery het, probeer om die vuur te blus, maar daar was nie genoeg water nie.

Fotokrediet: News24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel