Vrou vermis ná sy saam met kêrel gesien is

Deel hierdie storie / Share this story

Die SAPD New Brighton soek hulp om die 42-jarige Ntombekhaya Makwenkwe wat op 1 September 2022 as vermis aangemeld is, op te spoor.

Ntombekhaya is laas op 4 Julie 2022 omstreeks 16:30 deur haar suster gesien toe sy hul huis in Madukastraat verlaat het.

Sy is ook saam met haar kêrel, Lumkile Zwelinjani (45) in Skomolostraat gesien.

Lumkile Zwelinjani. Fotokrediet: SAPS

Sedertdien het niemand een van hulle gesien nie. Pogings om die kêrel op te spoor was oom onsuksesvol.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat moontlik inligting oor hul verblyfplek het om SAPD New Brighton, speur-AO Reynold de Jager by 082 994 3574 of Crime Stop by 08600 10111 of hul naaste polisiestasie te kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel