Drie-slaapkamer meenthuise te koop in El Toro Park

Deel hierdie storie / Share this story
Soek jy 'n ultra moderne meenthuis in Kimberley se nuutste area? Moet dan nie verder soek nie, want hierdie meenthuise is enig in sy soort. Dié meenthuise word in 2023 in Kimberley gebou en sal van die eerstes wees wat in die nuwe, eksklusiewe, nuutgeboude, ultra-moderne area reg oorkant Gariep Medi-Clinic is.

Die grondvloer het 11 eenhede beskikbaar. Die nuwe meenthuise, met geplaveide paaie, stapafstand van die hospitaal en 'n nuwe winkelsentrum, is deel van dié moderne uitbreiding. 

Klik hier vir meer oor dié eiendomme.

Elke drie-slaapkamer eenheid het 'n en-suite badkamer, oopplan sitkamer, kombuis, eetkamer, kombuis met sentrale eiland met Quarts-blaaie, 'n kookplaat, opwaskamer met skottelgoedwasser- en wasmasjienaansluiting. Die slaapkamer sal ingeboude kaste hê, met 'n buitebraai-area.

Skakel Mads Eiendomme vir meer inligting. Mads Eiendomme doen gratis verbandaansoeke by die vier hoofbanke. Laat ons jou dus bystaan ​​met jou verbandaansoek!

Skakel Madelein Rudman by 083 995 5799 of Heine Rudman by 082 945 2759.