‘n Drie maande oue baba is Dinsdagoggend in ‘n busongeluk dood.
Die ongeluk, wat in Matatiele in die Oos-Kaap gebeur het, het nog twee mense se lewens geëis. Ander insittendes is ook in die ongeluk beseer.
Volgens ‘n verklaring deur die Oos-Kaapse departement van vervoer het die bus om 08:00 op die R56 gery toe die ongeluk gebeur het. Die bestuurder het glo beheer oor die bus verloor en dit het omgeslaan. ‘n Babadogtertjie en ‘n vrou is oorlede.
Van die 46 buspassasiers het 38 beserings opgedoen waarvan 23 s’n ernstig is; die res het matige beserings gedhad. Hule is na die Nelson Mandela- akademiese hospitaal geneem. Die bestuurder en die vier ander passasiers het niks oorgekom nie.
Due polisie was op die toneel. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



