Finansiële hulp benodig vir jong boer wat met kragkabel skok

Deel hierdie storie / Share this story

Die jong boer van Carnarvon, Roux Steenkamp (30), wat ‘n kragongeluk gehad het, benodig finansiële hulp.

Steenkamp het glo op 3 November by ‘n Eskom-aansluitingkragkabel geskok toe 22 000 volts deur sy liggaam is. Sy ongeluk word as ‘n fratsongeluk beskryf.

Hoewel Steenkamp buite gevaar is, is hy in die Melomed Belville- privaat hospitaal se intensiewesorgeenheid. Steenkamp was oor die naweek in die teater waar hy vir brandwonde behandel is.

Steenkamp se pa, Bertus Steenkamp, het in ‘n emosionele boodskap aan Burre Burger gesê hulle cope, maar dat die volgende ses weke tot twee maande ‘n groot finansiële uitdaging vir die jong paartjie gaan wees.

Sy vrou, Enja, is 21 weke swanger met die egpaar se eersteling.

Burre het aan FiND iT vertel dat hy vanoggend (Maandagoggend) by Steenkamp in die hopsitaal was en dat hy wakker is.

“Op die stadium gaan dit goed met Roux, hoewel hy nog ‘n geruime tyd in die intensiewesorgeenheid gaan wees. Sy arm het baie skade gekry,” sê Burre aan FiND iT.

Roux en Enja. Foto: Facebook

Hallo Burre,

Sorry ek reageer nou eers…wêreld se uitdagings het net ewe skielik nag geword op die Karooplaas. Elk geval: My seun Roux (30) al 4 jr. saam met my…getroud met Enja..21 weke swanger met eerste baba. Donderdag kragongeluk..22 000 volts deur hom. Hy lewe en is buite gevaar. In Melomed Bellville Private Hospitaal..ICU. Vandag weer in teater..behandel brandwonde. Hul het Discovery Med fonds..Goddank. Rachelle (my vrou) en Enja met haar ouers by hom. Hy stabiel..vitals lyk goed. Ek sal afgaan as hy uit sedasie is. Burre, ons cope, maar 6 weke/2 maande gaan groot finansiële uitdaging wees vir jong couple. Ek hoor nou by Talene jy kan gaan hallo sê. Baie dankie vir morele ondersteuning en gebede,” lui Bertus se boodskap aan Burre.

“SA ons moet bid vir die boere. Laasweek met klein Donald was vir my baie erg om ‘n pa te sien wat bewe soos hy trane inhou by tye. Hier het ek vanaand weer ‘n Karoo pa wat ek dink maar tans baie hartseer is. Ek gaan môre die familie besoek. Ons moet daar wees die heeltyd vir mekaar. Kom ons help hierdie gesin deur by te dra (finansieel) en in gebed,” vra Burre.

May be an image of 1 person
Foto: Burre Burger

Enigiemand wat ‘n bydra wil maak, kan Burre Burger kontak by 082 970 9219.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel