Cher bevestig verhouding met Alexander Edwards

Deel hierdie storie / Share this story

Cher (76) het bevestig dat sy in ’n verhouding met die musiekvervaardiger, Alexander Edwards (36) is. Sy het ook teruggekap na mense wat hulle 40 jaar ouderdomsverskil kritiseer.

Cher het die naweek ’n foto van haar 36-jarige kêrel op Twitter geplaas met ’n rooi hartjie dae na hulle gesien is waar hulle hand aan hand loop.

Baie het die ouderdomsverskil gekritiseer, maar Cher het net teruggekap met nog ’n plasing op Twitter.

Bronne: IOL, Twitter, Metro

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Bestuurskooleienaars betoog teen omkoopfooie wat styg