Openbare bystand word benodig om die 45-jarige Sanjay Ramcharan op te spoor.
Ramcharan, ‘n inwoner van Port Shepstone in KZN, het gister (Saterdag) sy woning verlaat ná ‘n huishoudelike dispuut en wou teruggaan na sy familiehuis in Stanger, noord van Durban.
Hy het sy ma omstreeks 13:00 gekontak en vir haar gesê hy is in Durban en het glo tyd vir homself nodig.
Daar is sedertdien nie van hom gehoor nie.
Sy selfoon lui maar bly onbeantwoord.
Volgens sy broer is Ramcharan bipolêr en hy sal selfdood pleeg.
Hy bestuur ‘n swart VW Golf 5 TDI met registrasie ND 577 359
Enigiemand met inligting oor Ramcharan of sy voertuig kontak asseblief Reaction Unit South Africa (Rusa) by 086 1234 333.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



