Die egpaar wat Dinsdagoggend in die gesig geskiet is by hulle huis op Kosmos, is uit die hospitaal ontslaan.
Alastair McKenzie en sy vrou, Michelle, albei in hul 60, is terug by die huis nadat hulle Dinsdagoggend omstreeks 02:00 in hul bed in hul gesigte geskiet is terwyl hulle geslaap het. Die rowers het na bewering toegang tot die huis deur die skuifdeur wat nie gesluit was nie, gekry.
Die egpaar se kinders, Lexi en Greg, het die skote gehoor en op hul bebloede ouers afgekom. Hulle het met hul ouers na die hopsitaal gehaas.
Die egpaar woon saam met hul kinders in die Kosmos-woonbuurt in Hartebeespoort. Hulle is die eienaars van die Squires-restaurant.
Lexi het op haar Facebook-blad gesê dit is niks minder nie as ‘n wonderwerk dat haar ouers leef.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



