Vyfjarige naby skool ontvoer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vyfjarige is Vrydagoggend naby ‘n skool in Rylands, Athlone, ontvoer.

Die gr.0-leerling, Abidah Dekhta, is glo kort na 07:20 naby die skool deur twee mans ontvoer.

Volgens Netwerk24 het die voertuig wat Abidah en ander kinders soggens na die skool neem by die Amber-woonstelbolkke in Rylands stilgehou om nog twee kinders op te laai toe die voertuig deur ander twee voertuie ingehok word.

Daar was glo nog drie anders kinders in die voertuig van die saamryklub.

Die bestuurder het glo met die ontvoerders gestoei, maar hulle het hom oorrompel en Abidah uit die voertuig gehaal.

Abidah se ouers is Pakistanse burgers.

Enigiemand met inligting kan die Stop Misdaadnmmer by 08600 1 0111 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel