Rapper doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende rapper, Takeoff, is in Houston doodgeskiet.

Volgens die Daily Mail is Kirshnik Khari (sy regte naam) by ‘n rolbalbaan in Houston waar hy en Quavo opgetree het, vermoor.

Quavo is ongedeerd.

Takeoff was die derde lid van die Migos-groep. Die 28-jarige is op die toneel dood verklaar.

Nog twee ander mense is glo op die perseel gewond en hospitaal toe geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel