Beurtkrag tot Sondag in verskillende fases

Deel hierdie storie / Share this story

Eskom het Donderdag aangekondig dat Suid-Afrikaners hul die naweek nog vir beurtkrag in verskillende fases gaan moet staal.

Fase 3 wat tans toegepas word sal tot Donderdagmiddag 16:00 duur, waarna fase 4 tot Vrydagoggend 05:00 sal geld.

Vanaf Vrydag 05:00 tot 16:00 sal dit fase 2 wees.

Fase 1 en 2 sal die res van dié naweek Suid-Afrikaners se voorland wees.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel