Johannes (Hansie) Galloway is Dinsdag 24 Oktober 2022 in die hof vir seksuele misdrywe in Kimberely gevonnis tot ‘n boete van R12 000 of twee jaar tronkstraf met ‘n bykomende drie jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar.
Sy naam sal in die Register vir Seksuele Oortreders gevoeg word.
Galloway, wat skuldig bevind is aan twee voorvalle van seksuele aanranding van ‘n minderjarige, gaan dié boete oor 12 maande afbetaal.
Hy het na bewering sy huidige vriendin se dogtertjie (11) in 2015 seksueel aangerand. Die meisietjie was ten tye van dié misdryf vier jaar oud.
Die insident het in Oktober 2015 op Douglas plaasgevind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



