Bejaarde dood ná 21-jarige haar verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bejaarde vrou is dood nadat sy deur ‘n 21-jarige man verkrag is.

Die 84-jarige Sophie Mbhele is deur die departement van maatskaplike ontwikkeling dood verklaar nadat die verdagte glo by haar huis ingebreek het.

Sy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem, maar het die naweek aan haar beserings beswyk.

Die verkragter is kort na die voorval in hegtenis geneem waar hy nog kaal in die oorledene se bed gevind is. Hy is in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel