Motoriste word weereens deur ‘n moontlike brandstofprysverhoging in die gesig gestaar.
Die Sentrale Energiefonds se middelmaanddata toon dat die prys van diesel volgende maand heel moontlik met meer as R1,50 per liter gaan styg.
Die prys van petrol kan moontlik met tussen 42- en 51-sent per liter styg.
Die moontlike stygings volg weens ‘n styging in die prys van internasionale brent ru-olie, asook ‘n verswakking in die rand-dollar-wisselkoers.
Die Outomobiel Assosiasie (AA) sê hoewel die moontlike styging in alle grade van petrol, en paraffien kommerwekkend is, is dit veral die reuse- verwagte styging in diesel, wat rede tot kommer is.
Die AA sê die verwagtings kan nog verander, maar hul verwag nie dat die prys van petrol en diesel sal verlaag nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



