11-jarige vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Openbare bystand word benodig om die 11-jarige Rohiel Singh op te spoor. Singh is ‘n graad 6-leerder by Laerskool Mounthaven in Mountview, KZN.

Hy het ná skool teruggekeer huis toe, maar kort daarna die huis verlaat sonder om sy familie in te lig. Sy familie het aangeneem hy gaan saam met vriende speel, maar het later ontdek dat hy vermis is.

Hy was geklee in ‘n grys kortbroek, rooi Nik- tekkies en ‘n groen frokkie.

Indien iemand inligting oor die minderjarige het, kontak Reaksie Eenheid Suid-Afrika (Rusa) by 086 1234 333.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel