Man verkrag glo vrou, publiek slaan hom tot in die hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (23) is na bewering by Thubelihle op Kriel verkrag. Kort daarna is die vermeende verkragtingsverdagte (33) glo deur gemeenskapslede tot so ‘n mate aangerand dat hy in die hospitaal beland het.

Volgens inligting het die voorval op 9 Oktober 2022 omstreeks 03:00 plaasgevind. Die slagoffer was glo op pad na ‘n nabygeleë stopplek om ‘n geleentheid terug na Kriel te kry.

Daar is sy na bewering deur ‘n man aangerand en albei is na Nkaninistraat in Kriel waar die verdagte haar na bewering verkrag het. Die slagoffer het glo om hulp geskreeu.

’n Groep mans het tot haar redding gekom en in die proses is die verdagte glo aangerand. Die polisie is in kennis gestel en die verdagte is gearresteer. Weens sy beserings is hy egter hospitaal toe geneem en is hy tans onder polisiebewaking.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en ondersoeke na seksuele misdrywe (FCS) het die ondersoek oorgeneem.

Die provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, het hierdie barbaarse daad ten sterkste veroordeel

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel