‘n Vrou (21) is dood nadat die voertuig waarin sy gery het, omgeslaan het. Daar was nog ses ander mense in die voertuig.
Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 05:37 Sondagoggend na die P100 in Ndwedwe, KwaZulu-Natal, ontbied.
Met hul aankoms op die toneel het Rusa-lede ‘n groen Mercedes Benz gevind wat op sy dak in ‘n bos gelê het.

Drie vroue het buite die voertuig gesit.
Hulle het glo aan die Rusa-personeellede gesê een persoon is in die omgeslaande voertuig vasgekeer. Na ondersoek is die lewelose liggaam van die 21-jarige in die wrak gevind.
Haar vriende het reaksiebeamptes ingelig dat hulle gisteraand saam met drie mans gekuier het. Die bestuurder sou hulle na verwagting aflaai toe die ongeluk plaasgevind het.
Hy en twee van sy vriende het van die toneel gevlug. Die vroue het bevestig dat hy onder die invloed van alkohol was.

Foto’s: RUSA
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



