Ma vermoor glo 13-jarige seun

Deel hierdie storie / Share this story

’n Tienerseun (13) is na bewering deur sy biologiese ma op Volksrust vermoor.

‘n Agt maande oue babadogtertjie (die verdagte se dogter) sowel as ‘n 63-jarige vrou (die verdagte se ma) het steekwonde opgedoen tydens die voorval op Vrydag 7 Oktober 2022.

‘n 36-jarige vroulike verdagte is in verband met hierdie voorval in hegtenis geneem

Luidens ‘n verklaring deur die polisie moes hulle met aankoms die deur van die huis afbreek om toegang tot die gesluite huis te kry.

Die tienerseun het glo in ‘n plas bloed op die vloer van die sitkamer gelê. Die vermoorde slagoffer het sigbare steekwonde aan die bors en keel gehad.

Die verdagte se ma is gevind waar sy in die badkamer weggekruip het met ‘n steekwond aan haar onderlyf, terwyl die beseerde baba in dieselfde kamer as die verdagte gevind is.

Die ma is gearresteer en aangekla van moord sowel as twee aanklagte van poging tot moord.

Die verdagte moet Maandag 10 Oktober 2022 in die Volksrust-distrikshof verskyn op die genoemde aanklagte.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel