Vrou in aftreeoord se arm glo gebeek in aanval deur seun

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou in ‘n aftree oor in Bultfontein se arm is gebreek nadat sy na bewering deur ‘n jong seun aangeval is.

Die seun het glo die woonstel se deur oopgebreek om toegang tot Hellmuth te verkry.

Volgens die bestuurder van die aftreeoord, Carina Bezuidenhout, is die 67-jarige bejaarde, Danielle Hellmuth, tans in die Mediclinic in Bloemfontein. Sy moes ‘n operasie aan haar arm ondergaan.

“Die seun het Hellmuth glo tydens die aanval geskop en geslaan. Haar arm is in die proses gebreek,” sê Bezuidenhout. Die voorval het omstreeks 01:55 Dinsdagoggend plaasgevind. Bezuidenhout het ‘n geraas gehoor en ondersoek gaan instel.

Hellmuth het om hulp geskree en die nagpersoneel het onmiddellik die noodknoppie gedruk. Die wagte het op die noodgroep gereageer en die polisie is ontbied.

Volgens Bezuidenhout is die seun in hegtenis geneem, maar in die sorg van sy ma vrygelaat.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel