‘n Vrou (35) is Donderdag verskeie kere op Elfbrook Place in Brookdale, KwaZulu-Natal geskiet.
Die Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) het omstreeks 13:36 ‘n oproep ontvang van ‘n lid van die publiek wat gesê het verskeie skote is afgevuur.

Met hul aankoms op die toneel is daar vasgestel dat die insittendes van ‘n wit Toyota Yaris die vrou, wat in haar erf was, geskiet het. Sy is deur vyf koeëls getref.
Die vrou is tans in die hospitaal. Die motief vir die skietery is nie vasgestel nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



