Ongelukkigheid in Deense koninklike familie

Deel hierdie storie / Share this story

Koningin Margrethe II het vier van haar kleinkinders van hulle koninklike titels gestroop.

Die koningin het gesê die rede daarvoor is sodat die kinders hulle lewens kan lei sonder die verpligtinge wat saam met die titels kom.

Dit is ook om die grootte van die koninklike gesin te verklein ter wille van modernisering.

Haar seun wie se kinders dit is, prins Joachim, het sy bitterheid oor die besluit teenoor die media uitgespreek (iets wat nog nooit voorheen in Denemarke gebeur het nie).

“Op 5 Mei is ’n plan aan my voorgelê. Dat die identiteit van my kinders van hulle weggeneem sou word wanneer hulle elkeen 25 jaar oud is (…) En toe het ek vyf dae kennis gekry, want die besluit is versnel,” het hy gesê.

Prins Joachim het ook gesê hy is spyt dat hy “ongelukkig” niks van sy ma en ook nie van sy broer, kroonprins Frederik, gehoor het sedert die besluit bekendgemaak is nie.

Bronne: Archyde, Court House News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Deense koningin ‘jammer’ na sy kleinkinders se koninklike titels verwyder