’n 43-jarige vrou is na bewering Saterdagaand 1 Oktober 2022 omstreeks 23:00 by Mhluzi naby Middelburg deur ‘n bende van sewe mans verkrag.
Die polisie het Maandag 3 Oktober vier verdagtes van tussen 17 en 24 in verband met dié voorval in hegtenis geneem.
’n Verkragtingsaak is geopen en die dossier is aan die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) toegewys om te ondersoek.
Die verdagtes het Dinsdag in die Middelburg-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.
Die saak is tot 11 Oktober 2022 vir ’n borgtogaansoek uitgestel. Die verdagtes bly in aanhouding.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



