Voormalige Bachelor-ster Lee Thompson se boek op pad

Deel hierdie storie / Share this story

Die voormalige ster van The Bachelor, Lee Thompson, het op Instagram aangekondig dat sy boek “waarin hy alles sal vertel” binnekort vrygestel sal word en dat dit die “wag werd sal wees”.

Thompson was vroeër vanjaar haweloos en is daarna in ‘n rehabilitasiesentrum in Gauteng opgeneem. Dit het alles begin met ‘n voorval by ‘n Kaapse gastehuis waar hy uitgeskop is, omdat hy glo ‘n “huurder uit die hel” was.

Thompson het verlede jaar gesê hy het ‘n sewe syfer bedrag van die hand gewys om te keer dat sy boek The Truth Behind The Rose vrygestel word, maar gister het hy aangekondig die boek is op pad.

Hy het ook bekendgemaak die boek sal meer vertel oor sy lewe, trauma en probleem en hoe hy dit oorkom het.

Bronne: Woman and Home, Instagram, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Bachelor SA-ster Lee Thompson glo weer in rehabilitasiesentrum