Verdagte gesoek vir verkragting van agtjarige

Deel hierdie storie / Share this story

Die Kaapstadse eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) versoek gemeenskapsbystand om ‘n verdagte op te spoor.

Volgens ‘n verklaring deur die polisie het ‘n agtjarige meisie Maandag 11 April in skooldrag van haar ma se werk na haar huis in Maitland gestap.

‘n Onbekende silwerkleurige voertuig, bestuur deur ‘n man, het haar glo genader, haar in sy motor gelok en na Ndabeniweg onder die brug gery waar hy haar verkrag het.

Die slagoffer ken nie die verdagte nie.

Volgens die beskrywing van die polisie is die verdagte ‘n swart man wat vermoedelik in sy dertigs of vroeë veertigs is, lig van gelaat, 1,80 meter lank, met medium bouvorm, en bruin hare.

Enigiemand met inligting rakende die identiteit van die man word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte speursersant Bennito Tobi te kontak by 082 522 1086 of #CrimeStop 08600 10111. Anonieme wenke kan ook via die #MySAPSApp gegee word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel