André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het in ‘n onderhoud lig gewerp oor die berig oor die moontlikheid van “fase 15-beurtkrag”.
Dit is Donderdag berig dat De Ruyter gewaarsku het oor moontlike fase 15-beurtkrag.
De Ruyter het in ‘n onderhoud gesê sy woorde is aspris uit konteks geneem is deur ‘n joernalis wat “clicks” (sg. clickbait) wou hê. “Wat ek gesê het, was dat as ons gedwing word om die minimum emissiestandaarde te implementeer wat van ons sou vereis om 16 gigawatt se opwekkingskapasiteit af te sluit, dit ons in Fase 15-beurtkrag sou plaas,” het hy gesê.
Bronne: Pietermaritzburg Tourism, Cape Talk, EWN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Fase 15-beurtkrag ‘n moontlikheid, waarsku André de Ruyter



