‘n Vrou en haar seun is lewendig deur haar eks-kêrel verbrand.
Joyce Mahlalela (36) se eks-kêrel, Collen Nkuna, het glo petrol gekoop en dit op haar en hul kind gespat voordat hy ook petrol op homself gegooi het en hul almal aan die brand gesteek het.
Collen is op die toneel dood verklaar.
Joyce het ‘n dag later aan haar wonde in die hospitaal beswyk. Haar seun is op die oomblik in die intensiewesorgeenheid waar hy om sy lewe veg.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



