‘n 27-jarige man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 14-jarige meisie in ‘n Greytown-koshuis in 2020.
Volgens konst. Thenjiswa Ngcobo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Nqubeko Dlamini verlede Donderdag in die Greytown-streekhof vir vonnisoplegging verskyn.
Ngcobo het gesê tydens vonnisoplegging het die hof gehoor hoe Dlamini die kind verkrag het wat by haar vriendin wat in die koshuis woon, gekuier het.
“Op 24 Maart 2020 het die meisie die koshuis verlaat toe sy gegryp is deur die man wat haar in sy kamer ingedwing en verkrag het,” het sy gesê.
Volgens Ngcobo is die saak onmiddellik by die polisie aangemeld.
Die polisie het vinnig opgetree met die verdagte wat op die dag van die voorval in hegtenis geneem is,” het sy gesê. Ngcobo het gesê Dlamini is van verkragting aangekla en het verskeie hofverskynings gemaak voordat hy skuldig bevind en gevonnis is.
Nonhlanhla Khoza, LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling van KZN, het verlede week in ‘n aparte saak ‘n strawwe vonnis gevra vir ‘n pastoor wat in hegtenis geneem is omdat hy na bewering 13 kinders tussen die ouderdomme van vyf en 17 jaar oud in die Luvisi-dorpie, Nquthu- plaaslike munisipaliteit in die noorde van KZN, verkrag het.
Die departement het gesê daar word beweer dat die pastoor jong meisies en seuns gelok het om na spotprente te kyk en later pornografiese video’s vertoon het om saam met die kinders te kyk.
“Die 56-jarige pastoor is na bewering gevang toe ‘n seun die saak by sy ma aangemeld het en ook van ander slagoffers – 11 seuns en twee meisies – vertel het wat dieselfde lot aan die hand van die man gely het,” het die departement gesê.
Die departement het gesê die slagoffer se ma het die inligting met ander slagoffers geverifieer voordat dit by die plaaslike polisie aangemeld is.
Daar word beweer dat die pastoor in 2021 begin het om kinders te molesteer, met die laaste voorval op 18 September.
Ons doen ‘n beroep op gemeenskappe om slagoffers en hul ouers te ondersteun om stewige sake op te bou en die oortreders aan te kla. Kindermishandeling en verkragting het geen plek in ons samelewing nie,” het Khoza gesê.
Die pastoor sal na verwagting volgende maand in die hof verskyn.



