’n Tiener is tot 68 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op nege aanklagte, insluitend twee aanklagte van moord.
Ndakhe Gwala, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê Keanu May is in die Blue Downs-streekhof gevonnis ná ‘n vlaag misdade.
Gwala sê May, wat toe 16 was, het verlede jaar op sy groep vriende in Kraaifontein losgebrand en een van hulle doodgeskiet.
Sy sê ‘n paar maande later, terwyl hy op borgtog was, het hy ‘n mededingende bendelid geskiet en gewond en toe ‘n negejarige meisie geskiet.
“Hy het ‘n 9-jarige meisie in die nek geskiet, ‘n volwasse vrou in die knie en toe op ‘n ander persoon geskiet, wat hy gemis het.
“Ná sy skiettog is die verdagte gearresteer, en die teen-bende-enheid het albei sake oorgeneem.”
AO Otto Landsberg van die provinsiale georganiseerde misdaad se teenbende-eenheid het ‘n sterk saak teen die beskuldigde gebou, en hy is skuldig bevind op al die nege aanklagte.
Die 17-jarige verdagte is tot 30 jaar gevonnis op twee aanklagte van moord, 30 jaar op drie aanklagte van poging tot moord en agt jaar vir die besit van ’n vuurwapen en ammunisie.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



