Meisie sien hoe kêrel selfdood pleeg

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 37-jarige man het vanoggend selfdood gepleeg in die teenwoordigheid van sy meisie by haar huis in Emona, KwaZulu- Natal.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 02:27 na die huis gestuur nadat hulle berigte van ‘n skietery ontvang het.

Die Suid-Afrikaanse Polisie en die provinsiale ambulansdiens was reeds by die huis toe Rusa-lede daar aangekom het.

Daar is vasgestel dat die man by sy meisie se huis aangekom het en by haar gepleit het om hom binne te laat.

Hy het ‘n venster gebreek en die huis binnegegaan nadat hy nie haar aandag kon trek nie.

Die vrou het hom in die sitkamer gekonfronteer toe sy besef hy is in besit van ‘n vuurwapen. Die man het homself toe in die kop geskiet.