Die jongste middelmaand-data van die Sentrale Energiefonds (CEF) dui aan dat die volgende styging/daling in brandstofpryse (gegrond op onder- en oorverhalings) op Woensdag 5 Oktober verwag kan word.
Hierdie data is slegs ’n aanduiding van hoe brandstofpryse sou daal, indien dit vandag vasgestel word.
- 95-oktaan-petrol: Daal met R1,31 per liter;
- 93-oktaan-petrol: Daal met R1,22 per liter;
- 0,05%-swael-diesel: Styg met 59c per liter;
- 0,005%-swael-diesel: Styg met 66c per liter; en
- Paraffien: Daal met 1c per liter.
Die bogenoemde data is op Woensdag 14 September vasgestel.



