Gospelsanger Pulane Maphari praat na Sama weggevat word

Deel hierdie storie / Share this story

The Recording Industry of SA (RiSA)  het die gospelsanger Pulane Maphari se Sama weggeneem nadat dit aan die lig gekom het dat sy glo die reëls gebreek het om te wen.

RISA het Woensdag ‘n verklaring uitgereik om te verduidelik dat sy haar Sama-toekenning verloor het omdat die toekenningsorganiseerders bewus geraak het daarvan dat haar album Sacrificial Worship (Live) “herverpak, hernoem en bemark is as ‘n nuwe werkstuk vir 2021”.

Maphari het aan TshisaLIVE vertel dat sy eers uitgevind het dat sy die Sama verloor het toe mense haar bel om uit te vind of dit waar is. Sy het eers die artikel gesien en toe besef die e-pos om haar in kennis te stel slegs minute voor die artikel gepubliseer is, aan haar gestuur is.

Sy het gesê sy het nie geweet sy verbreek die reëls nie en dat sy wens sy kon meer duidelikheid oor die saak gekry het.

Bronne: Times LIVE, News 24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Gospelsanger Pulane Maphari verloor Sama na leuens