Die familie van ‘n VSA-soldaat wat oorlede is in die Pearl Harbour-aanval kan hom uiteindelik begrawe, 80 jaar later.
Herbert Jacobson is begrawe in die Arlington- nasionale begraafplaas nadat moderne forensiese toetse sy identiteit bevestig het.
Herbert Jacobson is een van duisende mense wat oorlede of beseer is toe Japan Pearl Harbour in 1941 aangeval het. Hy was op die USS Oklahoma-skip wat deur ‘n torpedo gesink is.
Die soldate se liggame is eers na twee jaar gevind, maar kon vir ‘n lang tyd nie identifiseer word nie.
Jacobson se liggaam is eers in 2019 met behulp van moderne tegnologie geïdentifiseer.
Bronne: BBC, Fox News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man (27) gaan trou met vrou (74) wat hom herinner aan sy ouma



