Harry Styles te sien in ‘My Policeman’

Deel hierdie storie / Share this story

Kyk na die lokprent in die berig.

Immergewilde sanger Harry Styles speel die hoofrol as Tom in die film My Policeman onder regie van Michael Grandage.

Sy rol is dié van ‘n polisieman wat in die kas is en in twee geskeur is tussen sy vrou en minnaar.

Harry speel die rol van Tom, Emma speel Marion en Dawid Dawon is Patrick.

Die film is gebaseer op Betha Roberts se 2012-boek met dieselfde naam en speel af gedurende twee tydperke, die 1950’s en 1990’s.

Volgens Glamour Magazine was dit ‘n tyd toe homoseksualiteit in die VK onwettig was.

Harry se karakter Tom speel die hoofrol in die 1950-tydperk, en Linus Roache speel Tom se hoofrol-karakter in die 1990-tydperk.

Die regisseur van die film het aan Vanity Fair gesê Tom se karakter is baie deurmekaar oor die twee verhoudings en boonop is hy ‘n polisieman wat wet en orde moet handhaaf.

Glamour Magazine berig Harry is naak tydens sekstonele en dat dit so werklik as moontlik lyk.

Harry is opgewonde oor die rol en wil doen wat mense nie van hom verwag nie.

Die film word op 21 Oktober in VK-bioskope vrygestel en op Prime Video vanaf 4 November 2022.

Kyk die lokprent vir My Policeman wat op Prime Video se Twitter-blad verskyn hier:

Bronne: Glamour Magazine UK, Vanity Fair en Prime Video.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel