Pa verdrink na hy sy dogter op KwaZulu-Natalse strand red

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pa het verdrink nadat hy sy dogter gered het toe sy deur ‘n brander van rotse afgeslaan is by Thompson se baai in KwaZulu-Natal.

Medi Response se paramedici het gesê die familie het foto’s op die rotse geneem toe ‘n brander die dogter tref en in die see laat beland.

Haar pa het agter haar ingespring en haar vir ‘n familielid aangegee, maar toe word hy deur die branders meegesleur.

Die man se liggaam is deur reddingswerkers uit die see gehaal, maar ten spyte van talle pogings om die man te red, is hy op die toneel dood verklaar.

Bronne: Times LIVE, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel. Adverteer by FiND iT.