‘n Man van Kaapstad is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 11-jarige seun en sy pa.
Die pa en sy seun, net bekend as Jordan, is Vrydagaand by hul huis in Lavender Hill doodgeskiet.
Die voorval was glo bendeverwant.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.
“Die 22-jarige skieter is Maandagaand in Steenberg deur die teenbende-eenheid vasgetrek.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



