Twee minderjariges verdrink

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Postmasburg het ’n geregtelike doodsondersoek begin na die dood van twee minderjariges op 3 September 2022 omstreeks 13:45.

Volgens voorlopige ondersoeke het drie kinders in ‘n watertenk naby die Diamond-myn gaan swem.

Die drie minderjariges was tussen die ouderdomme van 9 en 12.

Daar word beweer een seun kon uit die tenk klim en het die voorval by die polisie aangemeld.

Die polisie kon met die hulp van gemeenskapslede daarin slaag om die liggame van die twee kinders, wat op die toneel dood verklaar is, uit te haal.

Die twee oorledenes was na wat verneem word, broer en suster.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel