Vroue vise-president leef slegs omdat sluipmoordenaar se wapen foutief was

Deel hierdie storie / Share this story

Argentinië se vise-president, Cristina Fernández Kirchner, lewe net omdat ‘n sluipmoordenaar se geweer ophou werk het toe hy haar wou skiet.

Kirchner was besig om ondersteuners buite haar huis te groet toe ‘n man uit die skare kom en ‘n geweer in haar gesig druk.

President Alberto Fernández het gesê dat die geweer gelaai was met vyf koeëls maar dit het vasgesteek toe die man die sneller trek.

Kirchner is betrokke in ‘n korrupsie verhoor en was oppad terug hof toe, sy ontken alle aanklagtes.

Die man is gearresteer en polisie probeer om ‘n motief vir die aanval vas te stel.

Kirchner word daarvan beskuldig dat sy die staat bedrieg het en dat sy kontrakte vir openbare werke op bedrieglike wyse in Patagonië toegeken het terwyl sy tussen 2007 en 2015 president was.

Bronne: BBC, Daily Mail, Mirror

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Operation Dudula stop betogings ná vergadering met minister van gesondheid