‘n Taxibestuurder het Dinsdagmiddag teen ‘n hoë snelheid teen ‘n petrolpomp vasgejaag toe hy vir die polisie probeer wegjaag het.
Die voorval het in die Paarl plaasgevind.
Die polisievoertuig, warvan die sirene aan was, was glo op pad na ‘n toneel toe en nie agter die taxi aan nie, berig Son.
Die taxibestuurder het glo beheer verloor en teen die petrolpomp gebots.
Niemand van die petroljoggies is beseer nie, maar die bestuurder van die taxi was bebloed en het mediese behandeling op die toneel gekry, waarna hy na ‘n hospitaal geneem is.
‘n Saak van roekelose bestuur is teen die bestuurder oopgemaak.



