Die hoofsweep van die DA in die Wes-Kaapse wetgewer, Lorraine Botha, is oorlede.
Sy is Woensdagoggend onverwags in haar kantoor dood.
Die DA se provinsiale leier, Tertius Simmer, sê hulle het ‘n waardevolle lid van die Wes-Kaapse provinsiale parlement verloor.
Botha is in 2014 verkies en het in haar tyd as voorsitter vir onder meer die staande komitee oor onderwys en maatskaplike ontwikkeling gedien. Simmers sê hulle is hartseer oor haar skielike heengaan: “Ons is diep hartseer oor die skielike heengaan van Loraine Botha, ‘n geliefde lid van die Wes-Kaapse provinsiale parlement sedert haar verkiesing tot die Wes-Kaapse provinsiale parlement in 2014.
Lorraine het in (verskeie) rolle gedien en ook onlangs as die hoofsweep. Sy was ook die DA se konsekwentheidshoof vir Bergrivier. Ons betuig ons innige meegevoel met die kinders wat sy agterlaat en aan die familie, vriende en kollegas.”
Sy was ook koukusvoorsitter tot sy in Mei vanjaar as hoofsweep van die DA se Wes-Kaapse koukus aangestel is. Lorraine het ook as die DA-kiesafdelingshoof vir Bergrivier gedien.
Botha se man, Johan, is verlede jaar Januarie oorlede.



