Voormalige Transnet-bestuurders in hegtenis vir vermeende tenderbedrog van R93 m.

Deel hierdie storie / Share this story

Luidens ‘n verklaring deur Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat, is verskeie voormalige Transnet-bestuurders Maandagoggend in hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming hou verband met ʼn Transnet-betaling van R93,4 miljoen wat glo aan die bestuurders van die Trillian-fonds betaal is.

Die individue is in hegtenis geneem deur die NVG se Ondersoekdirektoraat en die Valke.

Siyabonga Gama (voormalige uitvoerende hoof van Transnet), Brian Molefe (voormalige uitvoerende hoof van Eskom en Transnet), Anoj Singh (voormalige finansiële hoof van Transnet en Eskom) ,Eric Wood (aandeelhouer en voormalige direkteur van die Gupta-verwante maatskappy Regiments Capital), Garry Pita (voormalige finansiële hoof van Transnet) en Phetelo Ramosebudi (voormalige tesourier van Transnet) het Maandagoggend 09:00 in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge verskyn. Hul saak is uitgestel vir die klagstaat om saamgestel te word.

Hulle is aangekla van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA), bedrog, korrupsie en geldwassery.

Advokaat Glynnis Breytenbach, die DA se kaduminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling het die arrestasies verwelkom.