Hierdie piesangmuffins is sag, botterig en heerlik met hope geur!
Bestanddele:
4 baie ryp piesangs
200 ml suiker
1 geklitste eier
80 ml botter gesmelt
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml fyn kaneel
375 ml meel
2 ml karamelessens (vanilla-essens kan ook gebruik word)
Metode:
- Druk die piesangs fyn.
- Klits die eier, suiker en gesmelte botter saam.
- Voeg die piesangs by.
- Klits die karamelessens by.
- Sif die meel, bakpoeier en koeksoda by die piesangmengsel.
- Klits alles saam.
- Smeer ‘n muffinpannetjie en maak die holtes 2/3 vol.
- Bak vir 30 minute by 180 grade C.



