Transitorowers deur polisie doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG – Vier vermeende transitorowers is naby Soweto doodgeskiet tydens ‘n vinnige jaagtog met die polisie.

Die verdagtes is deur beamptes vasgetrek nadat hulle Vrydag ‘n transitovoertuig langs die Nasrec-pad geteiken het.

Die groep het na bewering die veiligheidswagte van hul selfone en een vuurwapen beroof voordat hulle met ‘n onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug het.

Volgens Robert Netshiunda van die polisie is een persoon in hegtenis geneem.

“Die Johannesburgse blitspatrollie het ‘n klag ontvang oor ‘n transitorooftog. Die beamptes het ‘n wit BMW met vier insittendes, ‘n groen Nissan Navara ook met vier insittendes en ‘n wit Toyota Fortuner met drie insittendes opgemerk. Die verdagtes het glo op die polisie geskiet en ‘n skietgeveg het gevolg. Vier verdagtes is geskiet en op die toneel dood verklaar,” sê Netshiunda.

 Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel