Op soek na oorlede hawelose man se familie

Kobie van den Berg

‘n Hawelose man wat in Bloemfontein se strate gebly het, Kobie Brits, is oorlede.

Volgens die Facebook-blad, Pixie Pink – Victims’ Advocate het Brits glo gesê hy het ‘n dogter wie se man by Grootvlei Korrektiewe Dienste werk en ‘n broer wat in Bloemfontein bly.

Kobie het glo ‘n baie hartseer lewe gehad waarvan hy mense vertel het en Samaritane het elke dag vir hom koffie en kos gebring. Hoewel hy mediese hulp benodig het, het hy dit geweier.

Hy het agter ‘n besigheid geslaap, en daar word vermoed hy is van sy komberse en skoene beroof.

Die polisie stel ondersoek in omdat gemene spel betrokke kan wees.

Twee ander hawelose mans is gesien met met Kobie stry die aand voordat sy liggaam gevind is ná ‘n baie ysige nag in Bloemfontein.

Indien u enige inligting het, kontak asseblief vir Charne by 082 090 8484 of Hester by 072 423 6277.

“Ons wil hom graag ‘n behoorlike begrafnis vir hom hou en die lykshuis kan nie sy liggaam vrylaat voordat hy positief uitgeken is nie. Hy het geen identifikasie met hom gehad nie; sy bankkaart word egter vermis.”

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.