Betoger doodgeskiet tydens Tembisa-betogings

Die snelweg is nog nie skoongemaak nie, maar twee bane is nou oop.

Betoger doodgeskiet tydens Tembisa-betogings

Betoger doodgeskiet tydens Tembisa-betogings foto: MSN

Een persoon is glo deur die Ekurhuleni-metropolisie se beamptes doodgeskiet tydens die Tembisa-betogings.

Woedende Tembisa-inwoners het verskeie paaie rondom die gemeenskap met brandende bande en klippe versper.

Hulle sê dis oor die oorverdowende stilte op hul pleidooie vir hulp met diensleweringsuitdagings.

Die inwoners het Maandagoggend die strate in ‘n gemeenskapsdemonstrasie ingevaar.

Motoriste is versoek om groot paaie in die gebied te vermy en om alternatiewe roetes te kies, aangesien die veiligheid in die gebied wisselvallig bly.

Vroeër is ‘n vragmotor op die snelweg naby Tembisa afgebrand, wat daartoe gelei het dat drie bane versper is. Die snelweg is nog nie skoongemaak nie, maar twee bane is weer oop.

Beamptes is na die gebied ontplooi en hou die situasie dop. Lede van die gemeenskap betoog sedert Sondagaand en versper Hospitaalweg heeltemal.

Bronne: MSN, Times LIVE, The Citizen, Twitter

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Italianer in hegtenis oor video van Afrika-migrant wat doodgeslaan is

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.