Man verwurg glo 2-jarige

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tweejarige seuntjie is na bewering deur ‘n winkelassistent verwurg.

Tiny Mabaso (30) van Langaville in Tsakane Gauteng, en haar seuntjie was op 13 Julie by ‘n winkelsentrum toe hy toilet toe wou gaan. Sy het ‘n manlike winkelassistent gevra het om hom te neem.

Mabaso het bekommerd begin raak toe die assistent sonder haar seuntjie terugkeer, berig Daily Sun.

Nadat sy die assistent gekonfronteer het en nie ‘n duidelike antwoord uit hom kon kry nie, het sy ondersoek gaan instel en haar seuntjie leweloos in ‘n plastieksak in die badkamer gekry.

Volgens Mabaso het die verdagte probeer weghardloop, maar is deur inwoners gevang en aangerand. Met die aankoms van die polisie was die winkelassistent reeds doodgeslaan.

Sers. Lerato Mngomezulu sê twee sake van moord word ondersoek.