‘n 55-jarige man van Krugersdorp-Noord, Pieter Grobler, word sedert Maandag 18 Julie vermis.
Pieter, wat by sy dogter bly, het glo op pad werk toe vermis geraak.
Hy was geklee in ‘n vlootblou baadjie, ‘n blou oortrektrui en blou jeans.
Hy het verdwyn met sy voertuig, ‘n blou 2010 Ford Fiesta met die registrasienommer CH 36KH GP.
Volgens sy vrou, Mercia, is Pieter ‘n diabeet en het hy nie sy insulien by hom nie.
Enigiemand met inligting kan Mercia by 078 475 2274 kontak.



