Man koelbloedig by rugbyklub doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 38-jarige man van Messina is Sondagoggend koelbloedig vermoor.

Jaco (Sakkie) Cilliers (38) het glo Saterdagaand tot omstreeks 01:20 by die Messina-rugbyklub gekuier.

Volgens twee veiligheidswagte het hulle skote gehoor waarna hulle self waarskuwingskote afgevuur het.

Die wagte, wat drie aanvallers sien weghardloop het, het Cilliers dood op die grond met ‘n skietwond in die kop langs die bakkie gekry.

Die rugbyklub het die voorval aan FiND iT bevestig.

Ciliers was ongetroud en het saam met sy ma op ‘n hoewe gebly, waar hulle met boerbokke geboer het.

Meer besonderhede oor die voorval is onbekend. Die saak word deur die polisie ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel