Die liggaam van ‘n man van Krugersdorp, wat Donderdagaand in die Hartbeespoortdam vermis geraak het, is vanoggend deur duikers gevind.
Michael Pohl het saam met sy gesin sy verjaarsdag gevier toe hy vermis geraak het terwyl hy visgevang het, berig Pretoria FM.
Volgens berigte is Pohl met sy boot – ‘n kano met ‘n enjin – die water in toe sy lyne glo met visnette verstrengel geraak het. Sy boot het ook verstrengel geraak en begin sink. Pohl wou wal toe swem, maar het toe onder die water verdwyn.
Sy liggaam is naby die plek gevind waar hy onder die water verdwyn het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



