Nazi Soldau: As van 8 000 slagoffers in massagraf in Pole gevind

Deel hierdie storie / Share this story

’n Massagraf wat 17,5 ton menslike as bevat, is in die noorde van Pole, naby die voormalige Nazi-konsentrasiekamp Soldau, opgegrawe.

Tomasz Jankowski van Pole se nasionale gedenkinstituut het gesê die graf het minstens 8 000 slagoffers bevat.

Die liggame is vermoedelik opgegrawe en verbrand in ‘n Nazi-operasie om spore van hul moorde weg te steek. Die Nazi’s het Jode, politieke teenstanders en lede van die Poolse elite by Soldau vermoor.

Die konsentrasiekamp is in 1939 gebou vir transito, internering en uitwissing en regdeur die Nazi-besetting gebruik.

Daar word vermoed dat tot 30 000 mense daar vermoor is en navorsers hoop om DNS-ontleding van die oorskot te doen om meer oor die slagoffers uit te vind.

Onder die Pole wat vermoor is, was lede van die geestelikes en intelligentsia.

Argeoloë het honderde spore van klere, knope en ander items gevind, maar niks van waarde nie, wat daarop dui dat die liggame beroof is voordat dit aan die brand gesteek is.

Jankowski het gesê twee putte is naby Soldau, nou bekend as Dzialdowo, gevind en verdere uitgrawings sal plaasvind om na meer te soek.

Die skatting van 8 000 slagoffers is gebaseer op ‘n persoon se liggaamsgewig wat op 2 kg geskat word.

In ‘n aparte ontwikkeling het die Poolse premier Mateusz Morawiecki Woensdag gesê ‘n verslag is voorberei wat nie net Nazi-oorlogsmisdade bevat nie, maar ook berekeninge van finansiële verliese wat in huidige waardes omgeskakel is.

Hy het gesê Duitsland het groot skade aan die Poolse mense berokken en nooit skadevergoeding betaal het nie.

Duitsland het gesê die kwessie van herstelwerk is wettiglik in die 1950’s gesluit. Sowat ses miljoen Pole, insluitend drie miljoen Jode, het in die oorlog gesterf.

’n Parlementslid in Pole se nasionalisties-konserwatiewe regering het in 2019 gesê verliese kan $850 miljard (£715 miljard) beloop.

Bronne: BBC, Daily Sun

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: R Kelly glo verloof aan ‘slagoffer’ Jocelyn Savage