Kyk vanaand se supermaan

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners moet hul horlosies vanaand vir 37 minute oor agt stel, want volgens sterrekykers is dit Suid-Afrika se beste tyd om die supermaan vanaand te besigtig.

‘n Supermaan is wanneer die maan baie groter in die lug lyk omdat dit die naaste aan die aarde in sy jaarlikse wentelbaan is.

Vanaand se supermaan is die grootste en naaste wat die maan in 2022 aan die aarde sal kom.